Fisiese produkte (veral bokse) neem 10 werksdae om te lewer (> 3 bokse langer). Ons doen als self!
Die Oasis WinkelDie Oasis Winkel
Vir al jou kleinkinder-onderrig benodigdhede...

Die Oasis Winkel

Meer oor ons

So deur die jare het ons regoor die land ma's van kleuters, kleuter juffrouens, skool-eienaars en hoofde ontmoet. Elkeen is uniek en tog het almal laat deurskemer: ons is op soek na gehalte apparaat en hulpmiddels - nie foefies nie. Veral nie duur foefies nie. Jy is op die regte plek - ons produkte is in-huis ontwerp, deeglik getoets in die veld (deur julle) en bekostigbaar. Yolandi van Oasis Club (EDMS) Bpk is al sedert 2014 betrokke by kleinkinder-onderrig. Sy en haar span staan gereed om jou by te staan met aanbevelings en raad om jou Rande te rek. Hierdie winkel is al meer as 30 000 keer besoek en ons glo jy sal ook hier presies vind wat jy nodig het!
COVERCOVER
Ons verhaal

Ons verhaal

Van 'n mamma-vriendelike speelgroep wat begin is onder 'n boom op 'n plot in Kameeldrift, Pretoria....tot 'n volwaardige oase op jou onderrigpad. Yolandi het altyd geweet sy wil graag met kleinkinder-onderrig besig wees. Selfs toe sy al reeds apteker was, was die hunkering steeds daar. “Een kleuter op 'n slag - dis al hoe ons die land gaan verander...” Dis die dryfveer van ons besigheid - om al die passievolle onderrigters en ma's van kleuters en grondslagfase kinders by te staan in jou belangrike taak. Die speelgroepie het gegroei en die aanvraag na raad en hulp ook. Dit het aanleiding gegee tot die "Graad R sonder Werkskaarte" werkswinkel, wat landswyd meer as 2 000 juffrouens bereik het. En hier is ons vandag - met 'n volledige produkreeks, dieselfde passie en gereed om jou ook te help waar ons kan. Welkom!

Aflewering & kansellasie.

Ons lewer landswyd in die RSA af via koerier, asook sakpas opsies vir veraf plekke. Tans maak ons van The Courier Guy gebruik vir groot stede en dorpe, maar ook Postnet en Paxi (vanaf ons naaste Pep-winkel na jou naaste Pep-winkel) vir kleiner plekkies. As jy ontevrede met jou pakkie is, stuur dit terug na ons op jou eie koste (in dieselfde toestand en verpakking as waarin jy dit gekry het). Dan sal ons jou vergoed (aankoopprys insluitend afleweringskoste). Dit moet egter binne twee werksdae vandat jy jou pakkie ontvang het, gebeur.

Hoe betaal ek?

Jy is veilig met Payfast of EFT opsies - jou keuse.
Ons aanvaar betalings per debiet/kredietkaart (via Payfast), sowel as EFT. Hierdie webblad en die betaalmetodes is veilig en betroubaar. Al jou of jou skool se persoonlike info is veilig by ons en word nooit uitgegee nie. As jy op ons nuusbrief wil inteken, sal jy tydens bestelling die opsie kry om dit te doen (al dan nie). As jou bestelling in jou skool se naam moet wees, voltooi jou details by "shipping info" en jou skool se details by "billing info".

Van ons produkte:

Snuffel hier en kyk wat ons als bied!

Snuffel hier en kyk wat ons als bied!

Ons is net 'n Whatsapp ver as jy vrae het...

Kontak ons

Ons hoor graag van jou! Los 'n stemnota op Whatsapp met jou vrae of spesifieke behoeftes en ons gesels so met jou. Anders kan jy bel of e-pos. Ons het ook 'n lewendige Facebook groep (met streng admin, sodat ons nie jou tyd mors nie). Dan is daar 'n lekker blog met raad en idees vir jou klas of huis. Teken gerus ook in op ons nuusbrief tydens jou eerste bestelling.
Weeksdae 08h00 - 17h00.